|
|
| |
Gidse |
|
|
|
|
|
Handleiding vir Sabbi Suid-Kaap (Droëland) Garskultivars 2011 |
|
|
| Vier kommersiële kultivars word tans vir moutgarsproduksie aanbeveel, naamlik SSG 564, SabbiErica,SabbiNemesia en S5 (nuut; tydelike kode). Die vermoutingseienskappe van hierdie kultivars verskil veral ten opsigte van hul rusperiode (tydperk vanaf oes tot die gars aan die ontkiemingsvereistes van vermouting voldoen) en om dié rede moet die vermenging van kultivars ten alle koste voorkom word. Dit is dus noodsaaklik dat die verskillende kultivars apart vervoer, hanteer en opgeberg word. |
|
|
| |
Riglyne vir die Produksie van Moutgars: Onder Besproeiing
|
|
|
Die effek van verskillende produksiefaktore, waarvan kultivarkeuse, plantdatum, plantdigtheid, stikstofbemesting en besproeiingskedulering die belangrikste is, word geïntegreerd gereflekteer in die opbrengs en kwaliteit van die graanoes.
Die resultate van die navorsingsprogram wat in hierdie verband sedert 1991 in die besproeiingsgebiede, asook ondervinding onder kommersiële toestande opgedoen die afgelope aantal jare, stel ons in staat om die volgende aanbevelings daar te stel, beskikbaar in ’n aflaaibare PDF dokument, wat kan dien as produksieriglyne vir moutgarsverbouing.
|
|
|
| |
Riglyne vir die produksie van Moutgars in die die Suid-Kaap (Droëland) |
|
|
Gars is, na koring, die belangrikste kleingraan in Suid-Afrika. Die verbouingsgebied vir moutgars onder droëlandtoestande is tans afgebaken tot ‘n baie spesifieke gebied, naamlik die Rûens, wat strek vanaf Botrivier in die weste tot by Heidelberg in die ooste.
Daar is heelwat voordele verbonde aan die reëling dat produksie van ‘n relatief klein kommoditeit soos moutgars in afgebakende gebiede plaasvind. Die produksie word sodoende gekonsentreer, wat vervoer, opberging, en beheer oor verbouing en gradering vergemaklik. Voorligting en navorsing word ook aansienlik vergemaklik en is goedkoper. Die enkele grootste nadeel hieraan verbonde is egter die feit dat risiko ten opsigte van wisselende klimaatstoestande glad nie versprei word nie en daarom is garsverbouing dan ook uitgebrei na die koeler sentrale besproeiingsgebiede. Daar moet gemeld word dat dit nie lonend sal wees om moutgars te verbou in 'n gebied wat nie ten minste 350 mm goed verspreide reënval gedurende die seisoen (Maart tot Oktober) ontvang nie.
’n Handleiding wat alleenlik moutgarskultivars bespreek kan in PDF formaat afgelaai word.
|
|
|
|
|
|
|