Sabbi se navorsing-en-ontwikkelingsmissie is om volhoubare garsproduksie te verseker tot die voordeel van SAB, SABM en die produseerders deur innoverende navorsing. Produseerders benodig toenemend beter kwaliteit, hoër opbrengste en meer weerstandbiedende kultivars, asook kennis van verbeterde produksiepraktyke om teen internasionale mededingers meer kompeterende te wees.
Die volgende navorsing word tans gedoen en tegnieke ondersoek om meer effektiewe produksiepraktyke en ‘n meer effektiewe teelprogram te verseker: |
| |
Merker Ondersteunde Seleksie (MOS)
|
|
|
Tradisioneel gebruik telers fenotipiese eienskappe (sigbaar) om superieure individue te selekteer. Hierdie metode het beperkte sukses om individue met goeie mout- en broukwaliteite te selekteer. DNS merkers is segmente van gars DNS wat uniek is tot spesifieke segmente van die gars chromosome. Hierdie merkers dui die afwesigheid of teenwoordigheid van spesifieke kwaliteitseienskappe aan en is altyd teenwoordig, ondanks die omgewing. Met die gebruik van MOS in 'n teelprogram word die merker altyd gekoppel aan ‘n spesifieke geen (bv. Blaarvlekweerstand) of geen area (bv. kwaliteitseienskappe) en sodoende kan die merker gebruik word om belowende individue te selekteer.
|
| |
Verdubbelde haploïede
|
|
|
'n Suiwertelende garskultivar bevat sewe pare chromosome (14 chromosome) Nadat 'n kruising tussen twee verskillend garsplante gemaak is, neem dit vyf jaar van inteling in die veld voordat `n homosigotiese (suiwertelende) plant verkry word.
Verdubbelde haploïede word bewerkstellig deur stuifmeel (mikrospore) van die garsplant te gebruik. Die stuifmeel bevat slegs sewe chromosome a.g.v. meiose. Hierdie sewe chromosome word kunsmatig verdubbel in die laboratorium en die stuifmeel word deur weefselkultuurmetodes in volledige plantjies (verdubbelde haploïede) ontwikkel.
Verdubbelde haploïede kan binne ses maande in die laboratorium geproduseer word, terwyl dit met konvensionele teling vyf jaar van enkelplantseleksie in die veld neem om dieselfde vlak van homosigositeit te verkry. Verdubbelde haploïede spaar die teler dus tyd en nuwe kultivars kan in 'n korter periode vrygestel word. |
| |
Naby Infrarooi Refleksie Spektroskopie (NIRS)
|
|
|
NIRS is 'n spektrometiese metode wat die naby infrarooi area van die elektromagneties spektrum benut. Tipiese gebruike sluit in farmaseutiese, mediese diagnoserings, voedsel en agrochemiese kwaliteitsbeheer.
In die laaste tyd word NIRS tegnologie ontwikkel en aangewend vir akkurate, vinnige en koste-effektiewe bepaling van graankwaliteit.
|
| |
N-toetser
|
|
|
Optimum plantgroei maksimeer die transformasie van sonlig in plant beskikbare energie. Die “bio-katalis” vir hierdie reaksie is chlorofil. Om hierdie rede is optimum plantgroei na verwant aan optimum chlorofilinhoud. Die N-toetser is 'n chlorofilmeter gebaseer op die SPAD 502 (Minolta). Dit is maklik om te gebruik en gee `n onmiddellike meting van die chlorofilkonsentrasie. Die N-toetser voorsien 'n vinnige, in-veld diagnoseringstoets wat gebruik kan word om die plant chlorofilvlakke te monitor.
Die chlorofilinhoud van die blare is goed gekorreleerd met die stikstofkonsentrasie van die blare. Die blaar stikstofkonsentrasie, aan die ander kant, is weer 'n goeie aanwyser van die gewasvoedingsstatus en is 'n belangrike paramater vir bemestingsbestuur en veral stikstoftoediening wat 'n baie belangrike rol speel in die eindkwaliteit van gars, mout en gevolglik bier.
Back to top |