Sedert die 2008-winterseisoen het die SABM Landboukundige Dienste Departement van die besproeiingsarea (Noord-Kaap) besluit om alternatiewe produksiepraktyke te ondersoek vir die verbouing van die nuwe moutgarskultivar, Cocktail.
Die doel van die projek was eerstens om optimale stikstof bemestingsriglyne vir Cocktail vas te stel, en tweedens om die optimale plantdigtheid van hierdie hoë potensiaal kultivar te bepaal. |